Skip to content


Grondwet vir die Afrikanerowerheid

Is daar nog uitkoms vir Afrikaners in Suid-Afrika? Wat is die politieke oplossing?

Grondwet vir die Afrikanerowerheid

Postby antonb » Wed Jan 27, 2010 8:06 am

Ek het in hierdie rubriek die gedagte vir 'n virtuele staat of wolkstaat vir Afrikaners geopper, die Afrikanerowerheid of AO.

Geen staat kan egter funksioneer sonder 'n grondwet nie. Mens kan seker ook hieraan dink as 'n stigtingsverklaring as jy die AO eerder as 'n organisasie of maatskappy wil beskou. Die grondwet behoort onder andere te bepaal:

Wie kan deelneem aan die AO.
Hoe word sy leierskap verkies.
Wat die funksies van die AO is.
Wat sy wette, reëls en regulasies is.

Ensovoorts.

Miskien sal dit goed wees om bietjie ons gedagtes te gooi na die grondwet van die AO. Help dink, asb.

(NS: Ek probeer nie hiermee voorgee dat ek self die grondwet wil skryf nie, maar mens moet iewers begin, en niks verhoed ons om ten minste 'n konsepgrondwet voor te lê aan wie ook al uiteindelik die verkose leierskap word nie.)
Last edited by antonb on Wed Jan 27, 2010 8:22 am, edited 5 times in total.
antonb
 
Posts: 4
Joined: Sat Jan 02, 2010 8:43 am


Re: Grondwet vir die Afrikanerowerheid

Postby antonb » Wed Jan 27, 2010 8:14 am

Hier is my gedagte vir Artikel 1: Deelname aan die AO

1.1 Deelname aan die Afrikanerowerheid is vrywillig. Daar word wel van deelnemers of lede verwag om 'n registrasieproses te voltooi en amptelike bewys van hul identiteit te kan lewer, in die vorm van hetsy 'n nasionale identiteitsdokument, hetsy 'n geldige paspoort.

1.2 Lidmaatskap of deelname is oop vir alle Afrikaners (sien definisie van 'n Afrikaner in 1.3), ongeag hul huidige woonplek, geloofsoortuigings, stand in die samelewing of politieke oortuigings. Afrikaners wat hulself buite die geografiese gebied Suid-Afrika bevind, word spesifiek hierby ingesluit. Afrikaners mag op enige tydstip by die Afrikanerowerheid aansluit.

1.3 Met "Afrikaner" word verstaan die algemeen-aanvaarde definisie van dié etniese groep, naamlik diegene wie se voorouers hulle vanuit ons Europese stamlande in Suider-Afrika kom vestig het, iemand wat Afrikaanssprekend is en hom vereenselwig met die belange, gebruike en kultuur van die Afrikaner etniese groep.

1.4 Die Afrikanerowerheid se raad of leierskap mag ander persone na die raad se goeddunke toelaat om deel te neem aan die Afrikanerowerheid, met dien verstande dat sulke persone hulle sal beywer van die belange van die Afrikaners.

My gedagte hiermee is om voorsiening te maak vir die Engelssprekende blankes wat hulle by Afrikaners en die AO wil skaar omdat hulle byvoorbeeld gebuk gaan onder regstellende aksie en misdaad in SA.(Lees my siening oor Engelssprekendes en hulle deelname hier.)

1.5 Die Afrikanerowerheid behou hom die reg voor om 'n lid se deelname op te skort of om 'n lid permanent uit die Afrikanerowerheid te skors, sou die lid die reëls van die Afrikanerowerheid oortree.
antonb
 
Posts: 4
Joined: Sat Jan 02, 2010 8:43 am


Re: Grondwet vir die Afrikanerowerheid

Postby kobuseng » Fri Jan 29, 2010 11:46 am

Anton,

Vervul die Volksraad verkiesings kommissie nie alreeds meeste (indien nie alle) punte wat jy hier noem nie?
www.vvk.co.za

Groete
kobuseng
 
Posts: 2
Joined: Thu Jan 28, 2010 4:21 pm


Re: Grondwet vir die Afrikanerowerheid

Postby mikeventer » Sun Jan 31, 2010 9:14 pm

Weet nie of dit gaan help nie....



Ons moet dalk eers die struktuur van die AO ter tafel plaas.
1. Die president (die internasionale gesig en stem van die Afrikaner)
2. Adjunkpresidente
3. Raadslede met spesifieke allokasies soos taal, kultuur, media en pers, demografie van die toekomstige Afrikaanse Republiek.
Alle potensiële kandidate moet eers n IK toets aflê.
Dan moet daar n interne “waghond” wees wat die Korrupteerbaarheidsvlakke monitor .

Wydverspreide mediadekking. Wydverspreide mediadekking.
Wydverspreide mediadekking. Wydverspreide mediadekking.
Wydverspreide mediadekking. Wydverspreide mediadekking.
Wydverspreide mediadekking. Wydverspreide mediadekking.
mikeventer
 
Posts: 1
Joined: Tue Jan 26, 2010 8:26 pm


Return to Board index

Return to Politiek

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest