Skip to content


Telegramafrikaans

Hou jy nie van Engfrikaans nie? Of dalk die uitspraak van radio- en TV-omroepers? Om nie te praat van die staat en groot maatskappye wat byna glad nie meer Afrikaans erken nie. Hier is die forum waar alle taalkwessies bespreek kan word.

Telegramafrikaans

Postby antonb » Sat Jan 02, 2010 8:47 am

Een ding wat my intens irriteer is die toenemende gebruik onder veral jongmense om 'n soort geskrewe Afrikaans te besig wat seker van selfoonteksboodskappe kom.

Ek bdoel hirme geskrf sos di. Dit laat di "e's" weg uit woorde soos "die" en "nie." Hulle is biki te lui om "bietjie" heeltemal voluit te spel. Ek sien dit veral op Facebook. Dis byna so irriterend soos die name wat na bewering Afrikaans is en in 'n "i" ipv 'n "ie" of 'n "y" eindig, soos Minki (van der Westhuizen).

Ook irriteer pretensieuse mense wat nie verstaan wat 'n akuut of 'n gravis op 'n e beteken nie. Dit gebeur veral met eiename. Die sangeres Helenè (sic) Bester spreek byvoorbeeld haar naam as "Heleen" uit, maar na regte sou dit "He-lee-nei" of iets dergeliks uitgespreek moes word.

Skole behoort dit uit die kinders uit te slaan, indien nodig, en ouers wat hulle kinders Minki noem behoort beboet te word.
antonb
 
Posts: 4
Joined: Sat Jan 02, 2010 8:43 am


Re: Telegramafrikaans

Postby danroodt » Sun Jan 03, 2010 2:36 am

Anton, ek deel jou irritasie. Dan sit hulle nog Engelse woorde tussenin dat g'n mens kan uitmaak wat hulle wil sê nie. Jy is heeltemal korrek dat lyfstraf dringend weer in die skole teruggebring moet word om dié euwel hok te slaan.

Daardie foutiewe gebruik van aksenttekens behoort met 'n openbare veldtog in die media en op die internet aangespreek te word. Dis veral mense wat sulke aanstellerige Franse name vir hul kinders gee wat die skuldiges is. Daardie Heleen waarna jy verwys, word op't Frans Hélène gespel en iets soos Êlêêne (in Afrikaanse spelling) uitgespreek. Soos die Franse Wikipedia skryf:

Hélène est un personnage de la mythologie grecque, fille de Zeus, enjeu majeur de la guerre de Troie. Elle fut l'objet d'un culte héroïque important dans la ville de Sparte.

Een baie algemene fout wat sulke mense ook maak, is met die manlike en vroulike uitgange van name wat op é eindig, soos byvoorbeeld René, Désirée, ens. Die manlike vorm het een "é" en die vroulike kry nog 'n "e" by. Dus is "René" 'n man en "Désirée" 'n vrou. Maar "Désiré" is 'n man! As jy dus jou dogter so 'n Franse naam wil gee, maak seker jy gebruik 'n akuutaksent op die eerste "é" en sit nog 'n aksentlose "e" by om die vroulike vorm aan te dui.
Audentes fortuna iuvat - Die geluk begunstig die dapperes
User avatar
danroodt
 
Posts: 3
Joined: Fri Jan 01, 2010 7:37 am
Location: Pretoria


Re: Telegramafrikaans

Postby Bertdewit » Sun Jan 03, 2010 4:02 pm

Dat soort mobiele telefoon ''sms'' taal kennen we hier in Nederland en Vlaanderen helaas ook. Het is vooral populair onder de jeugd, maar erg slecht voor de taal-ontwikkeling. Kinderen leren de taal niet goed te schrijven en uit te spreken. Wij noemen dat hier ''taal-verloedering''. Enige probleem is dat de overheid en scholen hier niets aan (willen) doen.. Als je iemand erop aanspreekt wordt hij/zij boos en dat je je niet met zijn/haar schrijfwijze moet bemoeien, men zegt hier vaak: ''ik bepaal hoe ik schrijf ongeacht regels en grammatica'' .. :shock:
Bertdewit
 
Posts: 1
Joined: Sun Jan 03, 2010 3:53 pm


Re: Telegramafrikaans

Postby Paul A de Klerk » Sun Jan 03, 2010 5:40 pm

Hallo daar, ek het ook 'n kleintjiedood aan die afkortings en het al 'n paar jonger vriende daaroor uitgevra en hulle antwoord was dat hulle dit doen om geld te spaar op hulle selfoon boodskappe.
Iets wat ek natuurlik kon verstaan, maar toe ek hulle vra of hulle regtig kan spel, moes hulle erken dat die manier van skryf hulle benadeel.

Nou daag ek hulle uit om vindingryke volle Afrikaanse woorde wat kort is te gebruik om dieselfde boodskap oor te dra en dan beoordeel ek hulle. Gelukkig is hulle taamlik in hulle skik as hulle 'n punt uit 10 terugkry vir vindingrykheid.

Groetnis,
Paul
Paul A de Klerk
 
Posts: 1
Joined: Sun Jan 03, 2010 5:32 pm


Re: Telegramafrikaans

Postby kwasbez » Tue Jan 05, 2010 2:48 pm

Ek is een van die 'jonges' wat hierdie tipe selfoon skryf styl gebruik. Dit het begin by soveel as moontlik te probeer inpas in een sms om te probeer geld spaar. Dit het my spelling baie aangetas en deesdae moet ek mooi dink oor hoe die woorde regtig gespel word (ten minste word my HAT goed benut).
kwasbez
 
Posts: 1
Joined: Tue Jan 05, 2010 2:43 pm


Re: Telegramafrikaans

Postby Oompie » Sat Jan 30, 2010 1:58 am

nogl n lekr dng wt jul hi beetet!

Maar het julle daardie lagwekkende artikel gesien wat ene Leon Rosseau (dalk net Rosou!) so 'n week gelede in Burger geskryf het. Ons moet almal nou liefs Kaaps praat. Gedink Praag sal dit optel, maar miskien kan iemand wat hierdie dinge kan lak&plak dit uithaal en hier op 'n nuwe lyn/tema/draad gooi.

En en wil aanvaar Prg is besig om die ingils wat nog op die Afrikaanse deel van h/d forum is, geleidelik te vertaal. Ek moes in Engels registreer. Verdomp!!
Oompie
 
Posts: 1
Joined: Thu Jan 28, 2010 11:27 am


Re: Telegramafrikaans

Postby Horus » Sat Mar 06, 2010 11:03 pm

Feit van die saak is dat kinders deesdae nie meer leer spel, rekene doen en ordentlik skryf nie. Miskien is ek in hierdie opsig té veel uit die oude doos, maar my geslag het nog geLEER, en as jou punte nie goed genoeg was nie, het jy doodeenvoudig nie na 'n volgende standerd oorgegaan nie....

Fact of the matter is that children today do not learn to spell, calculate or write decently. Perhaps I'm too old, but my generation still STUDIED, and if your marks were not up to standard, you were not promoted to the next standard...

Baie jare gelede het een van ons (nou oorlede) stadsvaders dit sò gestel: "Woorde is die gereedskap van kommunikasie, afgesien van watter taal jy praat. Gebruik daardie woorde goed, en hulle sal vir altyd jou vriende wees, maar as jy hulle sleg gebruik, kan en sal hulle vir jou dalk lewenslange vyande skep!!"

Nee, kyk, ek ys wanneer ek deesdae na die jonger geslag luister - nie almal nie - maar baie van hulle. En sover Afrikaans betref - bel eendag om met iemand te praat, en dié se dogter antwoord die foon:

"Mag ek asseblief met jou pa praat?"

"Jômmer, my pô is nie hier nie, môr ek sal hom sê Tannie het gebel..." EINA!!!

Mense, sê en dink wat julle wil van Eugene Terre'Blanche, maar luister wanneer daardie man praat - ek kry eintlik koue rillings wanneer ek na hom luister, so pragtig en gevoelvol is sy Afrikaans...
Horus
 
Posts: 2
Joined: Mon Feb 15, 2010 12:30 am


Return to Board index

Return to Taalkwessies

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest